Huursoldaat

Artilleriste (huursoldate) voorsien van kanonne en ammunisie deur die Britte in China (1880s)

'n Huursoldaat is 'n soldaat wat vir kommersiële redes in 'n militêre diens dien. Die verskynsel is baie oud. Die stad Kartago het reeds huursoldate gebruik en die Ou-Testamentiese Koning Dawid en Alexander die Grote het hulle ook aangewend.

In Italië van die vyftiende eeu en later is eenhede van huursoldate op die been gebring deur 'n soort entrepreneur, dikwels genoem condottiere, wat hul leërs beskikbaar gestel het aan die staat wat die beste finansiële aanbod gemaak het.

Van die 13de tot die laat 17de eeu het leërs van huursoldate soldate 'n dominante rol gespeel in die Europese oorlogvoering. Die nadeel was egter dat die betalende heersers soms 'n geldnood ervaar het en met die betalings agter geraak het. In sulke gevalle het dit dikwels gebeur dat die huursoldate gemuit het of geplunder het.

In die 18de eeu het hulle al hoe meer in nasionale professionele leërs ontwikkel. Klein huursoldaatgroepe was in die tweede helfte van die 20ste eeu betrokke by staatsgrepe; bekende huursoldate uit hierdie tydperk was Mike Hoare en Bob Denard.

Die private militêre firmas is 'n moderne vorm van 'n huursoldaat weermag.

Die internasionale reg soos neergelê in die Konvensies van Den Haag en die Konvensie van Genève beskerm nie huursoldate nie.[1]

Diktators gebruik soms huursoldate om 'n opstand te onderdruk, soos in Februarie 2011 in Libië (Benghazi en Beyida) gebeur het. Huursoldate is ook in Biafra, die Kongo en die Comore-eilande gebruik. Verder kan huursoldate reeds in 'n staat wees voordat daar 'n konflik begin. Huursoldate het die voordeel dat hulle neutraal in die konflik is en daarom minder geneig is om oor te loop vir persoonlike redes. Nog 'n rede is onvoldoende aard van sommige plaaslike militêre vermoëns. Dit is dus nie verbasend dat huursoldate hoofsaaklik in Afrika in die 20ste eeu gebruik is nie.

Huursoldate word ook gereeld in die 21ste eeu gebruik. Voorbeelde is in die Siriese Burgeroorlog, Yemeni burgeroorlog en Oekraïniese konflik.

  1. Artikel 4 Konvensie van 1949. Om beskerm te word deur die Haagse Konvensie van 1899 en 1907 en die daaropvolgende Genève Konvensie, moet strydenes burgers wees van die lande in oorlogsland en herkenbaar weesop ‘n afstand met 'n herkenbare unieke wees en uitgereik wees met kentekens soos 'n band om die arm, hiërargies georganiseer wees, die wette van die oorlog erken en die wapens openlik dra.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search